Izak de Villiers noem homself ’n “anderster” Afrikaner. Hy is ook ’n anderster predikant, een wat op direksies van maatskappye gedien het en selfs lank redakteur was van ’n vrouetydskrif (Sarie) en ’n groot Sondagkoerant (Rapport). ’n “Ryklik geskakeerde lewe” noem Etienne van Heerden dit. Uit hierdie lewe vertel hy van ver plekke en vreemde gebeure, van uiteenlopende mense, mense uit alle stande wat hy raakgeloop het. Hy vertel van sy lewenslange worsteling as Afrikaner met die politiek van sy mense, ook in sy verse. Dit terwyl hy homself “onbeskaamd konserwatief” noem. En dan weer op ’n dag ’n sterwende Katoliek se belydenis aanhoor. Hy spaar nie sy oordele oor ander se dade nie, veral nie van politici nie, maar hy staan ook erg krities teenoor homself en skryf, soos hy self sê, “sonder hoed of handskoen”. Die resultaat is ’n kyk op ’n belangrike tydperk in die geskiedenis, ’n anderster kyk – ook na homself en ’n lewe van kritiese deernis met mense, van ’n politieke kritikus wat Tony Leon “’n ikonoklas op sy eie manier” noem, maar iemand wat sy mense liefhet.Izak de Villiers noem homself ’n “anderster” Afrikaner. Hy is ook ’n anderster predikant, een wat op direksies van maatskappye gedien het en selfs lank redakteur was van ’n vrouetydskrif (Sarie) en ’n groot Sondagkoerant (Rapport). ’n “Ryklik geskakeerde lewe” noem Etienne van Heerden dit. Uit hierdie lewe vertel hy van ver plekke en vreemde gebeure, van uiteenlopende mense, mense uit alle stande wat hy raakgeloop het. Hy vertel van sy lewenslange worsteling as Afrikaner met die politiek van sy mense, ook in sy verse. Dit terwyl hy homself “onbeskaamd konserwatief” noem. En dan weer op ’n dag ’n sterwende Katoliek se belydenis aanhoor. Hy spaar nie sy oordele oor ander se dade nie, veral nie van politici nie, maar hy staan ook erg krities teenoor homself en skryf, soos hy self sê, “sonder hoed of handskoen”. Die resultaat is ’n kyk op ’n belangrike tydperk in die geskiedenis, ’n anderster kyk – ook na homself en ’n lewe van kritiese deernis met mense, van ’n politieke kritikus wat Tony Leon “’n ikonoklas op sy eie manier” noem, maar iemand wat sy mense liefhet.
Format
EPUB
Protection
DRM Protected
Publication date
August 26, 2011
Publisher
Page count
302
Language
Af
EPUB ISBN
9781415204283
Paper ISBN
9781415200148
File size
2 MB
EPUB
EPUB accessibility
The publisher has not provided information about accessibility.
261634
item