“Dit was die begin van die einde van die ou orde: ons het nie geweet wat aangaan nie en kon nie meer sonder die ystervuis van die veiligheidsmagte regeer nie.” So sê Leon Wessels, gewese adjunkminister in PW Botha se Staatsveiligheidsraad. is dieselfde Wessels wat onlangs uitgetree het as menseregtekommissaris van demokratiese Suid-Afrika. Hy loop hier sy persoonlike reis na, van jong berede polisieman tot grondwetskrywer tot pleitbesorger vir menswaardigheid. In dieselfde asem vertel hy van die groter reis wat Suid-Afrika afgelê het, van die Vrede van Vereeniging in 1902 tot by die ondertekening van die nuwe Grondwet in 1996, op aandrang van Nelson Mandela in dieselfde dorp. Saam met hierdie intieme blik van binne kom talle staaltjies en vertellings waarin die menslikheid aan beide kante van ons pad na demokrasie afgeteken staan teen die groot en soms dodelike magte van die geskiedenis. Die boek is ontwapenend eerlik en die skrywer se geesdrif aansteeklik. Dit is ’n passievolle pleidooi teen rassisme en vir die regstaat, menseregte, die armes, en versoening.“Dit was die begin van die einde van die ou orde: ons het nie geweet wat aangaan nie en kon nie meer sonder die ystervuis van die veiligheidsmagte regeer nie.” So sê Leon Wessels, gewese adjunkminister in PW Botha se Staatsveiligheidsraad. is dieselfde Wessels wat onlangs uitgetree het as menseregtekommissaris van demokratiese Suid-Afrika. Hy loop hier sy persoonlike reis na, van jong berede polisieman tot grondwetskrywer tot pleitbesorger vir menswaardigheid. In dieselfde asem vertel hy van die groter reis wat Suid-Afrika afgelê het, van die Vrede van Vereeniging in 1902 tot by die ondertekening van die nuwe Grondwet in 1996, op aandrang van Nelson Mandela in dieselfde dorp. Saam met hierdie intieme blik van binne kom talle staaltjies en vertellings waarin die menslikheid aan beide kante van ons pad na demokrasie afgeteken staan teen die groot en soms dodelike magte van die geskiedenis. Die boek is ontwapenend eerlik en die skrywer se geesdrif aansteeklik. Dit is ’n passievolle pleidooi teen rassisme en vir die regstaat, menseregte, die armes, en versoening.

Format
EPUB
Protection
DRM Protected
Publication date
May 13, 2011
Publisher
Page count
368
Language
Af
EPUB ISBN
9781415202951
Paper ISBN
9781415201213
File size
1 MB
EPUB
EPUB accessibility
The publisher has not provided information about accessibility.
subscribe

About Us

About De Marque Work @ De Marque Contact Us Terms of use Privacy Policy Feedbooks.com is operated by the Diffusion Champlain SASU company