Toe Jak Stapelberg die pos van hoofbestuurder van die Sonderkloof-goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie. Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steyner sy voorwaarde stel: Jak moet doen wat hy vra, sonder teenspraak. En Jak stem in, want dié kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak óf Manfred het rekening gehou met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie. Terwyl dié magte planne smee om die grootste goudmyne te vernietig en die ekonomie omver te werp, is Jak se aandag verdeel. Dit blyk dat ’n sindikaat gouderts uit die myn steel. En dan is daar Tess, Manfred se beeldskone maar gefrustreerde vrou, wat ongeoorloofde begeertes in Jak wakker maak . . .Mag, gierigheid, wraak en begeerte vier hoogty op die goudvelde van die 1960’s in dié Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se gewilde Gold Mine.

Format
EPUB
Protection
Watermark
Publication date
November 01, 2017
Publisher
Page count
256
Language
Af
EPUB ISBN
9780795708220
Paper ISBN
9780795708213
EPUB
EPUB accessibility
The publisher has not provided information about accessibility.
subscribe

About Us

About De Marque Work @ De Marque Contact Us Terms of use Privacy Policy Feedbooks.com is operated by the Diffusion Champlain SASU company