Op ’n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook ’n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na ’n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag ’n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie – nie ’n verwoede aanval deur ’n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie – en steeds bly Sean droom van ’n gesin en ’n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . .

Format
EPUB
Protection
Watermark
Publication date
October 06, 2014
Publisher
Page count
384
Language
Af
EPUB ISBN
9780795707032
Paper ISBN
9780795707025
EPUB
EPUB accessibility
The publisher has not provided information about accessibility.
subscribe

About Us

About De Marque Work @ De Marque Contact Us Terms of use Privacy Policy Feedbooks.com is operated by the Diffusion Champlain SASU company